|
Article on other languages:
|
'n Diode is 'n elektriese komponent wat die rigting van die beweeging van elektriese lading beperk. 'n Diode laat die vloei van stroom toe in een rigting deur die komponent maar nie in die teenoorgestelde rigting nie. Elektriese stroombane wat nodig het dat stroom net in een rigting vloei maak gebruik van diodes. Ou diodes sluit "kat-snorbaard" kristalle en vakuumbuis toestelle in. Moderne diodes word van halfgeleiers vervaardig soos silikon en germanium.
GeskiedenisTermiese diodes en halfgeleier diodes het in parrallel ontwikkel. Fredrick Gurhrie het die prinsiep van termiese diodes beskruif in 1873. Karl Ferdinand Braun het die prinsiep van kristal diodes beskruif in 1874. Die termiese diode was herontdek deur Tomas Edison op Februarie 13, 1880. Hy het a pattent uitgeneem in 1883, maar het nie die idee verder ontwikkel nie. Braun het 'n pattent op die kristal diode uitgeneem in 1899. Die eerste radio ontvangers was van 'n kristal diode gebruik gemaak het is deur Greenleaf Whittier Pickard vervaardig in 1900. Die eerste termiese diodes is in Britanje gepatenteer deur John Ambrose Flemming op November 16, 1904. Pickard het die pattent vir die silikon crystal diode ontvang op November 20, 1906. Daardie tyd het sulke toestelle bekend gestaan as gelykrigters. In 1919 het William Henry Eccles die term diode geskep van die Griekse wortels di, wat 'twee' beteken, en ode, wat 'pad' beteken. Termiese- of gasdiodesTermiesediodes is vakuumbuis toestelle, wat bestaan uit 'n aantal elektrodes omhul in 'n glas vakuumbuis. In vakuumbuis diodes vloei stroom deur die katode, 'n filament wat behandel is met 'n mengsel van barium en strontium oksiedes. Die stroom verhit die filament, wat termiese emissie van elektrone binne die vakuumbuis veroorsaak. Tydens meevoorspanning is die metaal elektrode, wat die anode genoem word, positief, dus word die elektrone aangetrek na die anode. Waneer die spannings polariteit omgekeer word (truvoorspanning), word elektrone nie maklik van die onverhitte anode afgeskei nie, daar vloei dus net 'n baie klein lekstroom. Vir die meeste van die 20ste eeu is vakuumbuis diodes gebruik vir analoog toepassings en as geleikrigters in kragbronne. Vandag word vakuumbuis diodes slegs in gespisialiseerde toepassing, soon geleikrigters in buiskitaar en hotrostel versterkers, en gespisialiseerde hoëspanning toestelle gebuik. Halfgeleier diodesModerne diodes is gebaseer op die halfgeleier pn-voegvlak. In pn-voegvlak diodes kan gewone stroom van die p-tipe kant (die anode) na die n-tiepe kant (die katode), maar nie in die teenoorgestelde rigting nie. Die Schottky diode word gevorm deur die kontak van 'n metaal en 'n halfgeleier in plaas van 'n pn-voegvlak. 'n Halfgeleier diode stoom-spanning, of I-V, eienskap kurwe word toegeskruif aan die sperlaag wat ontstaan by die pn-voegvlak tussen die verskillende halfgeleiers. Waneer die halfgeleier die eerste keer geskep word versprei die geleidendsband (mobile) elektrone van die N-doteerde gebied na die P-doteerde gebied waar daar 'n groot aantal 'holtes' (plekke vir elektrone waar geen elektorn teenwoordig is nie) is waarmee die elektrone herkombineer. Waneer 'n elektron met die holtes herkombineer verdwyn die holte en is die elektron nie meer mobiel nie. Die gebied om die pn-voegvlak word uitgeput van lading en tree op as 'n isolator. Hierdie gebied staan bekend as die sperlaag. Hierdie gebied kan nie oneiendig groei nie. Elke elektron-holte paar wat herkombineer vorm 'n positief-gelaaide doteerde ioon in die N-doteerde gebied en 'n negetief-gelaaide doteerde ioon in die P-doteerde gebied. Soos herkombinasie plaasvind vorm meer ioone. Dit veroorsaak 'n toename in die elektriese veld oor die spergebied wat teen die herkombinasie van elekton-holte pare werk totdat 'n ewewig bereik word en die sperlaar nie verder groei nie. Op hierdie punt is daar 'n ingeboude spanningsverskil oor die sperlaag. Waneer 'n eksterne spanning van dieselfe polariteit as die ingeboude spanning oor die diode geplaas word sal die sperlaag aanhou optree as a isolator was stroom vloei verhoed. Dit staan bekend as teenvoorspanning van die diode. Waneer die eksterne spanning se polariteit die ingeboude spanning teenstaan kan herkombinasie weer plaasvind wat veroorsaak dat die stroom deur die diode drasties toeneem. Dit staan bekend as meevoorspanning van die diode. Die ingeboude spanning vir silikon diodes is ingeveer 0.6 V. Dus sal daar 'n spanningsval van ongeveer 0.6 V oor die diode wees waneer daar 'n eksterne stroom deur die diode vloei. Die diode se I-V eienskappe kan benader word deur te onderskei tussen twee gebiede. Onder 'n sekere spannigsval oor die diode het die sperlaag 'n bedydende wydte en kan die diode beskou word as 'n oopbaan (nie-geleidende stroombaan). Soos die spanningsval groter word sal die diode op 'n sekere spannigsval geleidend word en kan dit beskou word as 'n geleier met geen weerstand of baie klein weerstand. Die oordagfunksie van die diode is in werklikheid logaritmies, maar so sperk dat dit lyk soos 'n skerp hoek as die grafiek van ver af beskou word. Die spanningsval oor 'n geleidende diode binne die gespesifiseerde stoom is ongeveer 0.6 tot 0.7 volt vir silikon diodes. Die waarde verskil vir ander tiepe diodes. Schottky diodes se spanningsval kan so laag as 0.2 V wees en lig-emissie diodes (LEDs) se spanningsval kan so hoog as 1.4 V of meer wees. Blou LEDs se spanningsval kan selfs 4.0 V wees. In die teenvoorspanning gebied van die I-V eienskap grafiek is die stroom deur die diode baie klein (in die µA omgewing) vir alle voorspannings tot die deurslagspanning bereik word. Na hierdie punt vind elektronestorting plaas wat veroorsaak dat die diode beskadig word saam met 'n skielike toename in die stroom. Zener diodes en stortdiodes word vervaardig om 'n opsetlikke deurslagspunt te hê na 'n voorafbepaalde trustroom sodat die truspanning vasgepen word by 'n bekende waarde. Hiedie toestelle het wel 'n maksimum limiet op die stroom en drywing vermoë in die elektronestortings gebied. Shockley diode vergelykingDie Shockley ideale diode vergelyking (vernoem na William Bradford Shockley), ook bekand as die diode wet, beskryf die I-V eienskap van 'n ideale diode in beide meevoorspanning en teenvoorspanning (of geen voorspanning). Die vergelyking is afgely met die aannames dat die eenigste processe wat aanleiding gee tot stroom deur die diode drifstroom, diffusiestroom en termiese herkombinasie-generasie is. Dit word ook aangeneem dat die herkombinasie-generasie stroom in die sperlaag niksbeduidend is. Dit beteken dat die verelyking elektronestorting buite rekening laat. Die nie-ideale effek van interne weerstand by hoë meevoorspanning word ook buite rekening gelaat, sowel as afwyking van die ideale as gevolg van herkombinasie-generasie in die sperlaag by lae meevoorspanning. waar
Die emissiekoëffisiënt n word bepaal deur die vervaardegingproses en halfgeleiermateriaal van die diode en wissel tussen 1 en 2. In die meeste gevalle is die waarde naby 1 en word dus weggelaat. Die termiese spanning VT is ongeveel 25.2 mV teen kamertemperatuur (25oC of 298K) en is 'n bekende konstante waarde gedefineer deur: waar
Tipe halfgeleier diodes
Daar is 'n verskeie tipe halfgeleier voegvlak diodes:
ToepassingRadio demodulasieDie eerste gebruik van diodes was in the demodulasie van amplitude gemoduleerde (AM) radio uitsending. KragomsittingGelykrigters word saamgestel uit diodes waar hulle gebruik word om wisselstroom elektrisiteit om te skakel na geleikstroom. Diodes word ook gebruik in die Cockcroft-Walton spanningvermenigvuldiger om wisselstroom om te skakel na hoëspanning gelyktroom. OorspanningsbeveiligingDiodes word gebruik om hoëspanning en hoëstroom wat sensitiewe elektriese kompenente kan beskadig te sink. Die diode is normaalweg truvoorgespan totdat die spanning of stroom bo die bepaalde waarde styg, dan word die diode meevoorgespan en sink die stroom. 'n Voorbeeld is induktiewe laste soos relê stroombane waar die induktor vinnig spanningloos gemaak word deur 'n diode sodat die stroombaan nie beskadig word deur spannigspieke wat anders sou voorkom nie. Somige geïntegreerde stroombane gebruik diodes om die pennetjies teen eksterne spannings the beskerm. Logiese hekkeDiodes kan saam met ander komponente gebruik word om logiese hekke te vorm. Dit staan as diodelogika beekend. Temperatuur meting'n Diode kan gebruik word om temperatuur te meet aangesien die meevoorspanningsval van die diode afhanklik is van temperatuur. Hierdie temperatuur afhanklikheid kan gesien word in the Shockley ideale diode vergelyking hierbo en is ongeveer 2.2mV per grade Celsius. Ladding gekoppelde toestelleDigitale kamaras en soortgelyke toestelle gebruik regimente van photo diodes saam met 'n uitlees stroombaan. Bronnelys
|
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.