|
Article on other languages:
|
'n Eier is waarin die sigoot van sommige diere, wat nie aan lewendige babas geboorte gee nie, geleë is Sommige diere, veral soogdiere, behou die sigoot binne hul lywe waar dit sal groei totdat dit gereed is om gebore te word. Sommige diere behou nie die sigoot in hul lyf nie, maar lê 'n eier waarin die sigoot is. Die eier voed en beskerm die embrio. Wanneer die baba uiteindelik gereed is, sal dit vanuit die eier ontwaak. Diere wat eiers lê, sluit in visse, reptiele, amfibieë, en voëls. Monotreme is die enigste soogdiere wat eiers lê. Die meeste insekte en arachnides lê ook eiers. Die volstruis is tans die dier wat die grootste eiers lê. Eiers van meestal voëls word algemeen as voedsel geëet.
More about Eier: tool die eier von satan, milch und eier, eier ostern, dicke eier, |
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.