Ryn

Article on other languages:

Die Ryn (Nederlands: Rijn, Duits: Rhein, Frans: Rhin, Retoromaans: Rain, Engels: Rhine) is 'n rivier in Europa met 'n lengte van 1320 kilometer. Beide die rivier se bron-riviere, Vorderrhein (Duits: "Voorryn") en Hinterrhein ("Agterryn") ontstaan in Sankt-Gotthard-Massiv (Kanton Graubünden) in die Switserse Alpe. Die Ryn se monding is in Nederland, in die nabyheid van Rotterdam, waar die rivier in die Noordsee uitmond.

Die naam Ryn is van Keltiese oorsprong en beteken vloeiend. Tesame met die Donau vorm die Ryn die grootste gedeelte van die noordelike grens van die Romeinse ryk, die Romeine het die rivier Rhenus genoem. Sedert hierdie tydperk is die Ryn 'n besige water- en handelstraat.


Inhoud

Regterkantse sy-riviere van die Ryn

Linkerkantse sy-riviere van die Ryn

Stede langs die Ryn

((L) vir stede wat links geleë is, (R) vir stede wat regs geleë is)

Sien ook:

Webverwysings

Commons
Multimedia oor hierdie onderwerp is te vinde op Wikimedia Commons onder die titel:

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.