|
Article on other languages: |
SECAM (Franse afkorting vir Séquentiel couleur à mémoire) is die Franse standaard vir kleurtelevisie wat as SECAM 3 in 1967 in Frankryk, die destydse Sowjetunie, en later ook in ander Oos-Europese lande ingevoer is. Dit is 'n verbeterde weergawe van die Amerikaanse NTSC-standaard, wat faseverskuiwings en die kleurvervalsings, wat daardeur ontstaan, verhinder. Televisietoestelle met die SECAM-standaard kan TV-programme, wat in PAL (die Duitse standaard wat in 1976 ook in Suid-Afrika ingevoer is) of NTSC uitgesaai word, slegs in swart-en-wit opvang. Europese TV-toestelle, wat teenswordig verkoop word, is meestal geskik vir al drie TV-standaarde, en vir DVD-spelers en skottelontvangs word SECAM na PAL omgesit indien nodig. MESECAMMESECAM ('n afkorting van Middle Eastern SECAM) is 'n metode om SECAM-programme met gemodifiseerde PAL-VHS-videomasjiene op te neem. MESECAM-masjiene is altyd ook geskik vir die Duitse PAL-standaard en word gewoonlik in Oos-Europese en oorsese lande vervaardig. Die MESECAM-tegnologie is nie geskik vir die weergawe van Franse SECAM-kleurprogramme nie. More about SECAM: digital generator ntsc pal secam, pal secam, ntsc ny secam transfer video, pal secam converter to ntsc, convert from ntsc ny pal secam, |
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.