Sinoniem

Article on other languages:

Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld:

  • Die afrigter/breier van 'n span
  • Om 'n afkeer van of 'n hekel aan iets te hê

Alhoewel twee woorde soms min of meer dieselfde beteken, is die nie vanselfsprekend dat albei ewe goed op elke plek inpas nie, want die gevoelswaarde en toon kan verskil:

  • Die heelal is oneindig/eindeloos

Eindeloos en oneindig beteken albei sonder einde, maar oneindig beteken ook buitengewoon groot of onbegrens. Eindeloos druk soms 'n negatiewe gevoel uit:

  • Hulle het oor die eindelose sandduine voortgestrompel.

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.