Sjinese kalender

Article on other languages:

Die Sjinese kalender is 'n kalender wat soos die Hebreeuse kalender elemente van 'n maankalender en 'n sonkalender insluit. In die Sjina word die Gregoriaanse kalender normaalweg gebruik, maar die Sjinese kalender word nog gebruik om feesdae soos die Sjinese nuwejaar, voorjaar- en herfs-fees aan te dui, en by die astrologie. Aangesien elke maand die maansiklus volg, word die kalender ook gebruik om maanfases aan te dui.

Die Sjinese kalender word onder andere vermeld in Sjinese skeurkalenders en tongsings. Sjinese koerante, soos Sing Tao Daily en Kanzhongguo haal ook die Sjinese datum naas die westerse datum aan.

Eksterne skakels

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.