Spaans (of Kastiliaans, van 'Kastilië') is 'n Romaanse taal en die derde grootste taal van die wêreld. Spaans word deur meer as 350 miljoen mense gepraat. Die meeste daarvan woon in Latyns-Amerika.
Die Spaanse standaardtaal ontstaan in die 13de eeu uit die streektaal van Kastilië (die gebied rondom Toledo en Madrid).
Die uitspraak en spelling van Spaans is, in vergelyking met die van baie ander tale, redelik eenvoudig. Die spelling is grotendeels foneties: daar is vir die grootste deel een eenduidige verhouding tussen geskrewe letters en die uitspraak van klanke.
Reëls en voorbeelde:
Spaans
Uitspraak
voorbeeld
c
voor e of i: soos die Engelse th in Europese Spaans (maar soos s in Latyns-Amerika)
oorblywende gevalle: k
Die klemtoon lê op die laatste lettergreep, maar op die een na laatste as die woord op 'n klinker, -n of -s eindig. As hiervan word afgewyk word staan daar 'n aksent op die beklemtoonde klinker (bv. fármaco (geneesmiddel), Córdoba).
Wie die basisreëls van die Spaanse spelling en uitspraak leer, kan daarom na 'n bietjie oefening enige teks sonder probleme lees. Daar is egter wel verskillende Spaanse dialekte en streektale. Die uitspraak in die omgewing van die Spaanse hoofstad Madrid klink anders as dié in Andalusië, en die Spaans wat in Spanje gepraat word, klink ook anders as hoe dit in Suid- en Sentraal-Amerika gepraat word. Ook binne die Latyns-Amerikaanse lande is daar verskillende streeksvariante.