|
Article on other languages:
|
'n Spier is die saamtrekkende weefsel van die liggaam en word gevorm uit die mesodermiese laag van die embrioniese kiemselle. Spierselle bevat filamente wat saam kan trek en bymekaar kan verby beweeg en die grote van die sel kan verander. Spiere kan as skelet-, hart- of gladde spiere geklassifiseer word. Die funksie van spiere is om 'n krag te laat ontstaan en sodoende beweging teweeg te bring. Spiere kan of die beweging van die organisme self of van die inwendige organe veroorsaak. Hart- en gladde spier sametrekkings geskied onbewustelik en is noodsaaklik vir oorlewing. Voorbeelde hiervan is die sametrekking van die hart en peristalsis wat kos deur die spysverteringskanaal stuur. Bewustelike sametrekking van die skeletspiere word gebruik om die liggaam te beweeg en kan baie fyn beheer word. Voorbeelde is die beweging van die oog of groter bewegings soos van die Musculus quadriceps femoris (dyspiere) in die dy. Daar is twee hoofsoorte spiervesels wat bewustelik beheer kan word: Die vinnig saamtrekkende- en die stadig saamtrekkende vesels. Stadig saamtrekkende spiervesels kan vir lang tye saamtrek maar met min krag terwyl vinnig saamtrekkende vesels vinnige, kragtige sametrekkings veroorsaak. Die soort vesel raak egter gou vermoeid.
SoorteDaar bestaan drie spiersoorte:
Voetnotas en VerwysingsAnder bronne
Eksterne skakels
More about Spier: bernd spier, donna spier, peter spier noahs ark, |
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.