|
Article on other languages:
|
Die spysverteringstelsel is die orgaanstelsel van 'n liggaam waar voedselsoorte soos koolhidrate, vette en proteïene afgebreek en verteer word voordat dit deur die dermkanaal geabsorbeer kan word. Vertering is die afbreek van voedsel tot kleiner en oplosbare voedseldeeltjies sodat dit deur selle gebruik kan word. Vertering word op twee maniere bewerkstellig: meganies en chemies.
Meganies verteringDie kos word fisies deur kou, skeur, roer, druk, meng en maal opgebreek en fyngemaak tot kleiner deeltjies. Byvoorbeeld, die tande kou, skeur en maal die kos, terwyl die maag dit maal, meng en roer. Peristaltiese bewegings in die dunderm help ook met meganies vertering. Dít is die onwillekeurige sametrekking van die spysverteringstelsel, wat gewoonlik ongemak veroorsaak. Chemiese verteringDie fyngemaakte kos word nog verder afgebreek tot kleiner eenhede deur spysverteringsensieme. Dié ensieme verteer die voedsel tot die eenvoudigste vorm wat deur die bloed opgeneem kan word en dan deur selle gebruik kan word. Betrokke organeDie onderstaande organe speel 'n rol by die eet, vertering en absorpsie van voedsel, sowel as die uitskeiding van onverteerde voedsel (feses).
Verskillende dele van die spysverteringskanaalMondDrie strukture in die mond help met vertering: Tande
'n Mens besit eers 'n melkstel wat uit twintig tande bestaan en dan 'n permanente stel wat uit 32 tande bestaan. SpeekselkliereDie mens besit ses speekselkliere in pare van twee (so daar is drie pare). Die posisie van die speekselkliere is:
Die afskeiding van die speekselkliere word speeksel genoem. Die funksies van die speeksel is:
TongDie funksies van die tong is:
SlukdermDie funksie van die slukderm is om die voedsel van die mondholte na die maag te vervoer. Daar vind geen vertering in die slukderm plaas nie, omdat daar geen ensieme afgeskei word wat die voedsel kan verteer nie. Die onwillekeurige spiersametrekkings wat die voedsel na die maag vervoer staan bekend as peristaltiese bewegings (peristalse). Peristaltiese bewegings vind ook plaas in die maag, slukderm en dikderm. MaagDie maag is in die buikholte, net onder die diafragma, geleë. Die maag voer kragtige karringbewegings uit om die voedsel in kleiner dele op te breek sodat ensieme daarop kan inwerk. Die verteringsap van die maag staan bekend as maagsap. Twee stowwe, naamlik soutsuur en die ensieme, speel 'n rol in die verteringsproses in die maag. Soutsuur in die maag het twee funksies:
Die soutsuur word eers afgeskei as daar reeds voedsel in die maag is, en 'n slymlaag aan die binnekant van die maag keer die soutsuur se verterende aksie. Die voedsel bly ongeveer twee tot vier ure in die maag. Wanneer die voedsel die maag verlaat, is dit 'n vloeibare grys massa. DundermDie mens se dunderm is vyf meter lank. Die lengte is noodsaaklik as gevolg van die volgende redes:
Die verteringsap wat deur die dunderm afgeskei word, word dermsap genoem. Daar is vyf miljoen vingeragtige uitgroeisels aan die binnekant van die derm, wat dermvlokkies genoem word. Die dermvlokkies se funksie is om die absorpsie-oppervlak te vergroot. Die dunderm het twee hooffunksies:
(Dié redes is ook hoekom die derm so lank moet wees) Die verteerde voedsel wat uit die dunderm geabsorbeer is, word deur middel van bloedvate na die lewer vervoer en daarna na die res van die liggaam. Daar is twee ondersteunende organe wat met die dunderm verbind is, naamlik: Die lewer produseer gal, wat in die galblaas geberg word. Gal het twee funksies:
Die pankreas skei pankreassap af wat ensieme bevat vir die vertering van voedsel. Dit skei ook hormone af wat 'n rol speel in die regulering van die suikerbalans van die liggaam. DikdermDie dikderm is 1,5 meter lank. Dit het drie funksies:
Daar is 'n vingeragtige sakkie wat aan die begin van die dikderm vassit, en dit word die blindederm of appendiks genoem. Die rektum is die laaste gedeelte van die dikderm. Die feses verlaat die liggaam deur 'n opening genaamd die anus. |
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.