Titan is die planeet Saturnus se grootste maan. Dit is groter as die planete Mercurius of Pluto en is die tweede-grootste maan in die sonnestelsel na Ganymede. Titan is ontdek op Maart 25, 1655 deur die Nederlandse astronoom Christiaan Huygens, wat beteken dat dit die eerste nie-aardse maan is wat ontdek is.