|
Article on other languages:
|
Virginië (Engels: Commonwealth of Virginia) is 'n deelstaat aan die Atlantiese Kus van die Verenigde State van Amerika. Dit is vernoem na Elisabeth I van Engeland (Virgin Queen). Die hoofstad is Richmond en die grootste stad is Virginia Beach. Dit het 'n bevolking van sowat 7 miljoen mense en 'n oppervlakte van 110,785 vierkante kilometers. Virginië word in die noorde deur Maryland en Wes-Virginië, in die suide deur Noord-Carolina en Tennessee, en in die weste deur Wes-Virginië en Kentucky begrens. Die Atlantiese Oseaan lê in die ooste. Virginië het 'n ryk geskiedenis van politieke gebeure. Verskeie van die Amerikaanse presidente was in Virginië gebore.
Virginië se byname is Old Dominion en Mother of Presidents.
|