Die Volksrepubliek van Sjina (Mandaryn-Sjinees: 中華人民共和國, Zhōnghuá Rénmín Gònghéguó) beslaan die grootste deel van die kulturele, historiese en geografiese grondgebied wat bekend staan as Sjina. Sedert die stigting in 1949 is dit gelei deur die Kommunistiese Party van Sjina. Dit is die land met die grootste bevolking, met 'n populasie van meer as 1 300 000 000, van wie die meeste geklassifiseer word as van Han Sjinese etniese herkoms. Dit is die grootste land in oppervlakte in Oos-Asië en die vierde grootste ter wêreld. Die republiek grens aan 14 lande: Afganistan, Bhutan, Mianmar, Indië, Kazakhstan, Kirgisië, Laos, Mongolië, Nepal, Noord-Korea, Pakistan, Rusland, Tajikistan en Viëtnam.
Lys van administratiewe divisies van areas onder die beheer van die Volksrepubliek van Sjina: