Volstruis

Article on other languages:

Volstruis

Bewaringstatus
Status: Nie-bedreigd
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Struthioniformes
Familie: Struthionidae
Genus: Struthio
Spesie: S. camelus
Binomiale naam
Struthio camelus
Carolus Linnaeus, 1758
Verspreiding van die volstruis in Suider-Afrika.
Verspreiding van die volstruis in Suider-Afrika.
Subspesies
Sien artikel.

Die volstruis (Struthio camelus) is 'n loopvoël wat inheems aan Afrika is, waar dit aangetref word in woestynagtige gebiede, oop vlaktes en die bosveld. Dit is die enigste oorlewende spesie van die familie, Struthionidae, en die genus Struthio. 'n Volstruis het 'n maklik-herkenbare voorkoms met sy lang nek en lang bene. Volstruise kan ook baie vinnig hardloop en het die vinnigste landspoed van alle voëls: 65 km/h.[1]

Volstruise is ook die grootste lewende spesie van die voëlklas en daar word met volstruise regoor die wêrleld geboer. Die wetenskaplike naam vir 'n volstruis is van die Griekse strouthokamelos ("kameelmossie"), met verwysing na die voël se lang nek; die Grieke het ook na die voël as strouthos melage ("groot mossie") verwys.[2] Die Afrikaanse benaming is 'n omgekeerde vereenvoudiging van die Nederlandse struisvogel ("struisvoël").

'n Mannetjiesvolstruis het swart en wit vere met 'n rooibruin stert, terwyl die wyfie (en ook onvolwasse volstruise) vaalbruin en wit vere het. 'n Volwasse volstruis het 'n gemiddelde lengte van 2 meter.

Tydens die broeityd vertoon die mannetjie se voorbene rooierig. 'n Volstruiskuiken lyk soos 'n korhaan, maar is meer donsagtig, met 'n afgeplatte snawel en dik bene.

Snags maak die mannetjies 'n harde dreunbrul.

Inhoud

Subspesies

  1. S. c. australis
  2. S. c. camelus
  3. S. c. massaicus
  4. S. c. syriacus
  5. S. c. molybdophanes

Ander name

  • Wetenskaplike naam: Struthio camelus
  • Nederlandse naam: Struisvogel
  • Engelse naam: Ostrich
  • Duitse Naam: Strauß

Sien ook

Bronnelys en verwysings

  • Suider-Afrikaanse Voëls, deur Ian Sinclair (1994). Struik uitgewers: Kaapstad. ISBN 1868256286
  1. ^ Speed of Animals by Infoplease.com.
  2. ^ "Ostrich." Online Etymology Dictionary.

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.