|
Article on other languages:
|
Die Wêreldgesondheidsorganisasie is 'n agentskap van die Verenigde Nasies met sy hoofkwartier in Genève, Switserland. sy doel is om as koördineerder op te tree ter bevordering van internasionale publieke gesondheid. Die WGO (Engels: WHO - World Health Organisation) het op 7 April 1948 tot stand gekom (7 April word ook as die internasionale Wêreldgesondheidsdag gevier). Die WGO het tans 192 lidlande.
Organe, personeel en begrotingDie WGO se organe is die jaarlikse Wêreldgesondheidsvergadering, die Uitvoerende Raad met 34 lede en die Sekretariaat met die Direkteur-Generaal (tans Margaret Chan uit Hong Kong) en nege uitvoerende direkteurs. Die WGO beskik daarnaas oor ses streekkantore. Die WGO het tans 4 000 medewerkers, waarvan 1 500 in sy hoofkwartier. Die jaarlikse begroting het in die 2006/07 fiskale jaar 3,313 miljard VSA-$ beloop, waarvan 924 miljoen $ in die reëlmatige begroting (ledegelde van lidlande) en 2,398 miljard $ se vrywillige bydraes.[1] StreekkantoreDie WGO se streekkantore het hulle setels in die volgende stede:
Die WGO strewe daarna om in steeds meer lidlande verteenwoordig te wees. Die WGO se lopende programme word deur sowat 200 koöperatiewe sentrums en navorsingsinstellings ondersteun. HooftakeDie WGO is teen die einde van die 1990's in organisatoriese opsig herstruktureer en konsentreer nou op 'n aantal hooftake soos
Die klassifikasie van siektes en mediese diagnoses (International Classification of Diseases of ICD-10-kodering), gesondheidsregulasies (International Health Regulations, IHR), van geneesmiddels (Anatomical Therapeutic Chemical, ATC-kodering) asook fisiese gestremdhede (International Classification of Functioning, Disability and Health, ICF) val ook onder die WGO se beheer. Verwysings
Eksterne skakels
|
|||||||
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.