Windows Internet Explorer

Article on other languages:

Internet Explorer 7 se logo  Windows Internet Explorer
screenshot
{{{onderskrif}}}

Ontwikkelaar Microsoft
Mees onlangse weergawe 7.0.5370 / 18 Oktober 2006
Laaste betaweergawe 8.0 BETA 2 / 27 Augustus 2008
Bedryfstelsel Windows
Kategorie Webblaaier
Lisensie Kommersieel
Webtuiste {{{webtuiste}}}

Windows Internet Explorer is 'n webblaaier wat deur Microsoft ontwikkel word waarmee mens webbladsye op die Internet kan lees. Internet Explorer is een van die standaard komponente van die Windows-bedryfstelsel. Die blaaier is sedert 1999 die mees gebruikte webblaaier ter wêreld. Voorheen was die amptelike naam Microsoft Internet Explorer, dikwels afgekort tot IE of MSIE. Met weergawe 7 van Internet Explorer is die naam Microsoft Internet Explorer gewysig na Windows Internet Explorer.

Versoenbaarheid

Internet Explorer het nog altyd sekere webstandaarde afgeskeep, wat dit moeilik vir ontwikkelaars maak om webbladsye te bou. Weergawe 7 is egter heelwat verbeter en los baie CSS-probleme op, maar veroorsaak ook nuwe probleme. Dit skep ekstra werk omdat ontwikkelaars soms aparte CSS-kode vir IE5, IE6 en nou ook IE7 moet skryf.

Van die bekende probleme sluit in:

  • CSS-foute
  • Swak ondersteuning vir die html-standaard
  • Beperkte ondersteuning vir die W3C se XHTML

Op 20 Desember 2007 word dit bekend dat Internet Explorer 8 uiteindelik die Acid2-toets geslaag het[1].

Verwysings

  1. ^ Nuut Internet Explorer slaagt vir webtest, NU.nl, 19 Desember 2007

Eksterne skakels

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.